Wie is Gerhardus Erasmus

‘n Paar maande gelede het ek my 70ste verjaardag gevier, maar ek voel ‘n vars 45.

Vir 38 jaar het ek Christen gemeentes gelei. Dit is my hart om mense geestelik en psigies op ‘n positiewe manier te beinvloed en veral om mense aan hulle Maker en Verlosser voor te stel.

Ek is 48 jaar getroud met ‘n wonderlike vrou wat vir my drie pragtige kinders gegee het. My twee dogters het met twee Engelse broers getrou en later het my seun met hulle suster getrou, het 13 kleinkinders en ek het nog nooit soveel rykdom beleef nie.

Een van die dinge wat ek baie geniet is om is om mense te laat lag. Ek weet nie waarom nie, maar die begeerte was van my kinderjare al teenwoordig en daarom publiseer ek die Afrikaanse boek met grappies wat vir my persoonlik baie laat lag het. Afrikaans is baie spesiaal en baie grappies kan net geniet word in die konteks van die Afrikaner kultuur.